Ons kantore sluit vir die 13de week van Vrydag 30 Maart 2012 en heropen weer Dinsdag 10 April 2012.


 

RSS Feeds

RSS Content

Community

 

Please watch this space for news on our next fund raising project.

Ons September 2009 Toer
 
Donderdag 24 September 2009 vertrek die Sebenza Fietsryspan onder groot applous vanaf Caltex Sunny Hill  met 4 beamptes en 20 fietsryers met ligte, waentjie, fietse en al die nodige oor 6 dae die Oos Vrystaat in om Fondse in te samel vir die Kankervereniging.  Daar is soveel van ons eie mense wat kanker het  of aan kanker oorlede is dat ons besluit het hierdie jaar gaan die fondse om kankerlyers en die organisasie te help.
 
Die eerste aand is daar na 103km geslaap op Clocolan waarna ons vertrek het die 2de dag na Clarens waar ons die gevreesde Surrender Hill Bult gery het tot ons verbasing het ons hom oorwin daar moet in gedagte gehou word nie een van ons ryers is professioneel nie.  Die 3 de dag het ons gery tot in Reitz, die 4de dag tot op Kroonstad, die 5de dag tot in Wesselsbron en die laaste dag - oorwinlik tot in Theunissen waar ons met groot gejuig ontvang is deur die gemeenskap.  Doodmoeg met genoeg bulte, wind en grade wat gestyg het tot 30 grade, maar baie dankbaar aan ons Groot Vader dat Hy dit vir ons moontlik gemaak het en ons almal veilig gelei en elke fietsryer behoed en bewaar het op die pad.  Dit was ‘n ongelooflike ervaring wat ons vir niks sal verruil nie.
 
Donderdag 29 Oktober 2009 het ons ‘n tjek ten bedrae van R30 000 oorhandig aan mev Henley Botha streekbestuurder van Kansa en was dit vir ons ‘n hoogtepunt in die jaar.
 
Ons wil graag aan almal wat bygedra het tot ons projek om dit so ‘n groot sukes te kon maak dankie se vir ieder en elkeen en word dit opreg waardeer.
 
Ons maak weer so in September 2010 en daar is besluit om fondse in te samel vir Auksano!
 
Net ‘n gedagte:  “ God het duidelik nie ons almal bestem om ryk, invloedryk of belangrik te wees nie, maar almal wel om ‘n vriend te wees” (Ralph Waldo Emerson)
See photo's of the tour on our Gallery.

Copyright © 2010 Sebenza Rekenmeesters | Admin | Gallery