Ons kantore sluit vir die 13de week van Vrydag 30 Maart 2012 en heropen weer Dinsdag 10 April 2012.


 

RSS Feeds

RSS Content

Year Planner

BELANGRIKE DATUMS 2011

11 Januarie 2012Kantoor Open
8 – 12 Maart 2012Argus
2 April tot 10 April 201213 de Week
2 Julie tot 9 Julie 201213de Week
1 Oktober tot 8 Oktober 201213de Week
29 - 31 Oktober 2012Jaarbeplanning
13 Desember 2012Kantoor Sluit

JAARLIKSE OMSENDSKRYWE

AAN ALLE SEBENZA KLIëNTE

Hierdie is ‘n lekker geselsbriefie uit die kantoor ten einde u vir die komende jaar op hoogte te bring met aktuele sake wat op u betrekking het.
ADMINISTRATIEF:

  • Kantoorure:
Maandae, Dinsdae :08h00 tot 16h00
Woensdae en Vrydae:08h00 tot 13h00
Donderdae:Werksdag geen afsprake nie
Ter inligting – ons werk alle vakansiedae behalwe Christelike Vakansiedae.  
  • Afsprake:
Alle afsprake moet met die kantoor gekoordineer word by telefoonnommer 051-4512161 verkieslik Lientjie of alternatiewelik met die verantwoordelike persoon.  
  • Kommunikasie:
Ons verkies kommunikasie via e-pos want ons strewe daarna om u binne 24 uur te antwoord.
Ons sal dit waardeer indien u vooraf reëlings sal tref vir die afhaal van dokumente of afskrifte van dokumente.  Hierdie stel ons  in staat om u tyd te bespaar. 
  • Webblad:
Ons is baie trots op ons webblad.  Besoek gerus ons webblad vir die jongste en interresante artikels rondom die span wat u van diens is by www.sebenzacc.co.za

REKENMEESTERSWERK:

  • Vind aangeheg ‘n aanstellingsbrief waarin ons dienste volledig uiteengesit word. Hierdie aanstellingsbrief moet deur u sowel as Sebenza Rekenmeesters onderteken word om te voldoen aan SAIPA se minimum vereistes.
  • Ons kantoor maak gebruik van SLEEK as rekeningkundige program weens voordele wat dit inhou as webapplikasie.  Ons moedig u aan om ons voorbeeld te volg aangesien die program effektiewe kommunikasie en afhandeling van state bespoedig.
  • Vanaf 1 Maart 2011 is die verantwoordelikheid op die werkgewer om alle werknemers vir inkomstebelasting te registreer (behalwe boere en kelners). Rekonsiliasiestate van alle LBS, WVF en SDL aftrekkings moet op ‘n 6 maandelikse basis by SARS geliaseer word. Hierdie taak word vergemaklik deur gebruik te maak van PS (People Systems) se “payroll” program wat ten volle geintegreed is met Sleek. Hierdie program vergemaklik die dag tot dag administrasie van salaris berekeninge, verlof, salarisstrokies, betalings, rekonsiliasies ens.

ROETES:

  • Roete-indelings is reeds gedoen en aan u ge-epos, -faks of –pos.  Vergewis u asseblief van hierdie datums.  Ons vestig weereens u aandag daarop dat hierdie datum gedagboek is ten einde u data te verwerk.  Ons aanvaar geen verantwoordelikheid ten opsigte van boetes en rentes vir data wat ons nie betyds bereik nie.
  • U teenwoordigheid is vir ons belangrik ten einde effektiewe kommunikasie te bevorder.

SARS:

  • Ons maak tans gebruik van die “e-filing” om al ons korrespondensie op ‘n dag tot dag basis te doen.  Hierdie was ‘n baie positiewe stap en is boetes en rentes tot die minimum beperk.
  • Uitbetaling deur SARS is buite ons beheer.  Indien u oor ‘n krediet beskik, geliewe u bankstate gereeld te kontroleer vir inbetalings.  Indien uitbetalings nie binne 30 dae geskied nie, geliewe met u verantwoordelike persoon te skakel.
  • Geen verandering van bankbesonderhede sal by SARS verander word sonder die teenwoordigheid van die individu nie.

ONAFHANKLIKHEID:

Verandering in die maatskappywet en ons gedragskode het meegebring dat daar onafhanklikheid moet bestaan tussen dienste gelewer en was ons genoodsaak om sekere veranderings in die entiteite van dienslewering aan te bring. Sien aanhangsel 2011/02 synde omsendskrywe in hierdie verband. 

DEBIETORDER:

U verhoogde maandelikse debietorder vind met ingang vanaf 1 Desember 2011 plaas. 

Sebenza wens u en u gesin ‘n geseënde Kersgety en ‘n voorspoedige 2012 toe en bedank u vir u lojale ondersteuning.

Vriendelike groete

SEBENZA REKENMEESTERS

Copyright © 2010 Sebenza Rekenmeesters | Admin | Gallery